Die wind uit die torwana berge
Het haar skoot vol mos
Sy dra 'n slapende kind
Sy siteer die sterre
Met die stem van breë waters
Teen die wit gebeente van die dag
Die wind uit die torwana-berge
Oewerloos sonder horison sonder seisoene
Het die gesig van alle mense
Het die aalwyn van die wêreld voor haar bors
Het die lam van alle vreugde oor haar skouer
En die laksman van elke dagbreek in haar oë
Die wind uit die torwana-berge
Met haar skoot vol mos
Dra 'n slapende kind
Dra 'n nag van distels
Dra 'n dood sonder duisterheid
En waai deur die gebreekte riete
Mais de 15 cursos com aulas exclusivas, materiais didáticos e exercícios por R$49,90/mês.
Tenha o a benefícios exclusivos no App e no Site
Chega de anúncios
Mais recursos no app do Afinador
Atendimento Prioritário
Aumente seu limite de lista
Ajude a produzir mais conteúdo